Huis van Afrikaanse Poësie, afrikaans, gedigte, digkuns, leesstof, prosa, poesie, poësie, letterkunde, digbundels, digbundel
buttons

hAppenings


Kunstenaars laat hulle stemme hoor vir Afrikaans!

‘n Fees van Afrikaanse klanke wag op kuns- en taalliefhebbers gedurende Maart 2010. Afrikaanse digters en sangers, onder wie Mimi Coertse, Nataniël, Steve Hofmeyr, Jannie Moolman, Petro Wessels, Carel Trichardt, Henning Pieterse, Andries (Roof) Bezuidenhout, Die Black Tie Ensemble, Kabous Verwoed, René Bohnen, Gerda Botha en nog meer beloof ‘n uitsonderlike feesprogram van Afrikaanse digkuns en sang.

Stemfees wil 2 Afrikaanse projekte bevorder!

Opbrengste uit die Stemfees sal aangewend word vir die aanbou en uitbreiding van die bestaande hAp Boekerij, om onder meer die Mimi Coertse Museum van Afrikaans en ‘n volwaardige Afrikaanse Letterkundige Biblioteek te huisves.

Kom besing saam met hAp die allermooiste Afrikaans. Kaartjies kos R150 per persoon en bespreek by Computicket (Besprekings open 20 Februarie by Computicket).
Vir meer inligting kontak Charl Pretorius - 076 842 9212.

Terug na vorige bladsy...

Webwerf ontwerp deur MAVERIX MEDIA SOLUTIONS