Huis van Afrikaanse Poësie, afrikaans, gedigte, digkuns, leesstof, prosa, poesie, poësie, letterkunde, digbundels, digbundel
buttons

Meer Oor hAp


hAp is doelbewus nie met enige politieke groep of kulturele organisasie geaffilieer nie. Die bevordering van Afrikaans, en meer spesifiek Letterkunde, is die oortuiging en dryfveer vir ons bestaan. hAp is onvoorwaardelik 'n plek van woorde en 'n tuiste vir menswees. Advertensies en artikels op hierdie webwerf impliseer nie ons direkte of indirekte steun aan die ideologieë of produkte van die adverteerders of outeurs nie. Skrywers se menings is hul eie.

Skakels na ander webwerwe word slegs gemaak aangesien die gekose webwerwe hulself direk of indirek beywer vir die bevordering van Afrikaans en ons glo dat ons gereelde besoekers moontlik in daardie webwerwe mag belangstel.

Enige versoeke of voorstelle is welkom en kan gestuur word na info@hap.co.za

Ons Visie
Om nasionaal en internasionaal 'n tuiste vir die grootheid van die woord en die menswees van die skrywer en taalliefhebber te wees, met 'n spesifieke fokus op Afrikaans.

Ons Missie
Om die ruimte vir bestaande en opkomende Afrikaanse skrywers te skep waarbinne hulle vaardighede en talente kan ontwikkel en kan deel.

Ons Doel
Ons besef ons verantwoordelikheid teenoor alle mense en meer spesifiek ons verantwoordelikheid vir die ontginning, bevordering en bemagtiging van Afrikaans.

Ons Leuse
'n Plek van Woorde! 'n Tuiste vir Menswees!

Webwerf ontwerp deur MAVERIX MULTIMEDIA